die tabel regs toon die prestasie van die JSE se Top40-indeks verlede jaar, met die beleggingsbeheermaatskappy Brait verreweg die beste presteerder met ’n aandeelprysstyging van 112%. Ander topaandele sluit in PSG (75% hoër), Mondi (62,8% hoër) en Capitec (58,4% hoër). Anglo American was die grootste verloorder, 65% af, gevolg deur Anglo American Platinum (40% laer) en MTN (35% laer). In geheel was die Top40-indeks 4,2% hoër jaar-tot-jaar.
Daar is meer as 40 aandele in die tabel omdat aandele wat vir meer as ses maande in die Top40 was, ook ingesluit word, hoewel hulle later uitgelaat is. Hulle is aangedui met (u).
As inflasie – tans 4,8% – in ag geneem word, was die reële opbrengs vir die jaar net 0,3%. Hoe het die JSE gevaar? 1,8%
Die JSE se Indeks…
