By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
Ek sal 2023 sekerlik onthou as my persoonlike ‘jaar van die huis’. Van foute regstel, van huis verkoop, oppak, huis koop, van mure afbreek, verf, mooimaak, weer trek, uitpak, mooimaak. Drie huise in een jaar. En van leef in ‘n toegegooide, ‘opgedressde’ chaos. Wat nou maar eenmaal nie goed is vir my siel nie. Veral as dit kom by my slaapkamer, moet dit ‘n plek van stilte en rus wees. As dit nie is nie, raak ek sommer vinnig happerig. Terwyl my gellefde ou huis dus stelselmatig om my in ‘n stoor vol bokse verander het, het ek probeer om my slaapkamer vir heel laaste te hou (wat op die ou end op trekdag gebeur het). Toe vyf dae in my seun, Anton, se spaarkamer, mét alles wat ek dalk…
UNIEK VIR JOU TAFEL Mervyn Gers Ceramics bied nou ‘n diens waar jy jou eie ‘bespoke’ borde en bakke kan skep in die kleur, vorm en glansafwerking van jou keuse. Die diens sluit ‘n konsultasiesessie van 90 minute in waartydens jou vereistes bespreek kan word en jy kreatiewe advies kan kry. Al die produkte is geskik vir daaglikse gebruik en is ten volle skottelgoedwasser- en mikrogolfoondbestand. Die onderneming ondersteun volhoubare werkskepping deurdat elke stuk met die hand gemaak word, wat ook verseker dat jou versameling werklik uniek is. Besoek mervyngers.com vir meer. BAAI IN HANDGEMAAKTE KOPER As jy in die mark is vir ‘n nuwe badkamer, kan jy gerus die Earth Gold-webtuiste besoek waar jy kan kies uit baddens, wasbakke en lampskerms wat met die grootste sorg uit suiwer koper…
Om Anett Jorméus te vra om haar styl te beskryf, is soos om skilders te pols oor waarom hulle die kwas opneem. Jy kry nooit ‘n reguit antwoord nie. ‘My ruimtes is wat hulle is omdat ek sekere goed nodig het om te leef soos wat ek daarvan hou om te leef,’ sê sy. ‘n Mens sien sommer dadelik Anett se wonderbaarlike talent om ruimtes te skep wat die oog streel. Dit is juis haar oog vir toegank like styl en haar onberispelike aanvoeling vir ontwerp wat Granit help vestig het as een van Swede se suk sesvolste leefstyl-en-interieur-kettingwinkels. Kortom: Anett is allergies vir oorontwerpte en oordinkte ruimtes en meubels. As jy ‘n bietjie dieper grawe en haar uitvra oor waarom sy besluit het om haar huis met vondste van…
SKEP DIE PRENTJIE Ons het ‘n mengsel van helder kleure, interessante teksture en blompatrone vir hierdie Frida Kahlo-geïnspireerde slaapkamer gebruik. Keer dat dit te besig lyk deur te hou by dieselfde kleurtoon, helder in ons geval. Wanneer jy patrone gebruik, meng groot en fyner patrone, sodat hulle nie met mekaar sal meeding om aandag nie maar eerder ‘n geheelprentjie vorm.…
idees-klasse MOEILIKHEIDSGRAAD: uitdagend TYD: ‘n dag JY BENODIG ♥ wit duvetoortreksel ♥ patroon op bladsy 38 (of die ontwerp van jou keuse), in die verlangde grootte gekopieer ♥ ‘n stuk MDF-bord (grootte na gelang van jou ontwerp) ♥ handwerkskuimrubber ♥ koolpapier en balpuntpen ♥ akrielverf in die kleur van jou keuse (ons het swart gebruik) ♥ materiaalverfmedium (ons het DecoArt se produk gebruik) ♥ sponsaanwender ♥ gomgeweer ♥ handwerkmes en snymat ♥ latekshandskoene WENKE Was en stryk jou duvetoortreksel voordat jy die stempelwerk doen. Steek ‘n stuk stewige karton binne die oortreksel om te keer dat die verf na die agterkant toe deursypel. Vir die beste patroonherhaling, begin van die middel van die oortreksel af na elke hoek toe werk. Oefen op ‘n vel papier voordat jy die oortreksel begin…
MOEILIKHEIDSGRAAD: medium TYD: 2 uur JY BENODIG ♥ swart-en-wit blomprent op ‘n inkstraaldrukker uitgedruk ♥ velle linoleum (by die meeste handwerkwinkels te kry) ♥ linosneegereedskap ♥ akrielverf in die kleure van jou keuse ♥ kunskwassies ♥ papier van jou keuse ♥ asetoon ♥ lappie ♥ handwerkmes of skerp skêr ♥ rubberroller (opsioneel) ♥ latekshandskoene WENKE Vir ‘n egaliger afdruk kan jy ‘n rubberroller gebruik om die verf op jou stempel aan te wend, maar vir ons tweekleur-blomme het ons ‘n kwas gebruik om die twee kleure aan te wend. Probeer jou ontwerp op papier van verskillende kleure druk. Werk altyd weg van jou af wanneer jy linoleum sny.…