NUUSBROKKIES | NEWS SNIPPETSSNELVUURWEN WEN!!! Kort op die hakke van ons uiters suksesvolle buffeljagkompetisie bied ons ’n geleentheid waarna elke jagter smag – ’n jag in die Kalahari!
Daar is min plekke in Suider-Afrika wat ’n jagter se hart so vinnig laat klop as die Kalahari. Die rooiduine, oorverdowende stilte, versamelvoëls, kameeldo-ring- en witgatbome, springbokke, gemsbokke en hartbeeste wat in jou geestesoog opdoem, laat jou hunker na dié bestemming wat hoog op elke jagter se wenslys is. Jagplek in die Kalahari is deesdae skaars en enigeen wat ’n gunstelingbestemming het, deel nie sommer die nommer van die eienaar met iemand nie. Wel, hiér is jóú kans!
Ons Kalahari-jagkompetisie het vroeg in November afgeskop. Die jag vind plaas van 22 tot 26 Mei 2024 op 34 000 hektaar in die rooiduine…
