As daar nou ’n ding is wat ek nie kan kleinkry nie, is dit mense wat foto’s van hulle kos neem en dit dan op Instagram of êrens post.
As dit een of ander eksotiese gereg is, of iemand se eerste maaltyd ná hy uit die tronk vrygelaat is, kan ek dalk verstaan, maar rêrig? ’n Foto van ’n bord pap en wors en ’n halwe skorsie en ’n stukkie pietersielie, sodat die hele wêreld moet weet wat jy eet? Seker maar goed dat ek nie só verveeld is nie, want foto’s van my geregte sou net ’n klomp mense lus gemaak en ’n paar ander ontstel het.
My gunstelingkos is dooie dier. Rou karkasdele, net gesout en in die wind gehang. Of, as dit dan nou moet, oor brandende…
