Soos ek hier sit en tik is ek sopas terug van ’n jag in die Karoo op ’n goeie vriend se pragplaas. Die pad soontoe was lank, maar die jag en geselskap baie bevredigend, en dit was heerlik om ’n slag weer lekker ver te kon stap, lekker moeg en vuil te word, en tegelykertyd die geleentheid te kry om ’n paar bokke op die tradisionele manier te kon jag.
Die jagbedryf het in 2020 ’n ernstige bloedneus gekry as gevolg van die gewraakte virus, en daarmee saam het die kostes om toerusting soos dryfmiddel, koeëls, ammunisie, vuurwapens, optiese toerusting en ander noodsaaklike jagbenodigdhede in Suid-Afrika ingevoer te kry die hoogte ingeskiet. Tydens ’n onlangse gesprek met die besturende direkteur van ’n welbekende groothandelaar het ek weer besef dat dit…
