Teen die tyd dat julle hierdie uitgawe van ons tydskrif te lese kry, is dit reeds ou nuus dat die derde golf van Covid-19-infeksies wat ons land getref het, groot verwoesting saai. Mediese dienste, hospitale en ander frontlinie-werkers is oorweldig en oorwerk, en wanneer dinge ooit weer kalmer gaan raak, is maar ’n raaiskoot ten beste. Dis ook duidelik dat die nuutste mutasie van die virus meer aansteeklik en ook meer dodelik as die vorige mutasies is. Soos ’n vriend van my (wat self ook sleg siek was weens die virus) onlangs opgemerk het: “Hulle kap in ons bos!”
Ook die jagbedryf het nie ongeskonde gebly nie. Die sluit van Gauteng se grense op 27 Junie vir ’n aanvanklike twee weke het ’n groot klomp jagters se planne sleg deurmekaargekrap,…
