As die donkerte begin lyf wegsteek, veral vroeg soggens, kan ons seker wees van een ding: Die jagseisoen vir dié jaar is iets van die verlede! Ek hoop van harte dat waar die jagseisoen jou ook al geneem het, dit suksesvol was – of dit nou met die N1-hoofweg langs was na jou bestemming of op ’n afgeleë tweespoorpaadjie waar die opgewondenheid en afwagting toeneem namate die plaashek naderkom. Ek dink ek praat namens baie as ek sê die meeste van ons het gevoel ons moes baie verlore jagtyd inhaal ná 2020 se jagseisoen!
Wat die tydskrif betref, herinner ek julle graag dat ons, noudat die 2021-jagseisoen iets van die verlede is, terugkeer na tweemaandelikse uitgawes. Soos in die onlangse verlede, verskyn die November/Desember-uitgawe dus volgende, gevolg deur die Januarie/Februarie-…
