DOOIERUS Toe ek kind was, het daar in elke respektabele plaashuis ’n lugfoto ge-hang. So ’n skuins skoot oor die werf, met die woonhuis en die hoenderhok en die waenhuis en ’n paar omliggende lande. In swart en wit geneem, en agterna met die hand ingekleur om meer natuurlik te lyk.
Die tonele so van bo was uit ’n ander wêreld. Die perspektief het my gefassineer. Dit was asof alles meer sigbaar was, duide-liker, meer logies, minder verstrengeld. Ek het besef ek het iets ontdek, ’n derde dimensie. Bo al hierdie plekke, al hierdie plase, was daar ’n hoër plek. En dinge lyk anders van daar af.
In elke huis waar so ’n geraamde foto in die gang gehang het, het ek my gestaan en verkyk. En dan het hulle…
