Nou toe nou... Goue koetse, blommekranse, perdepoep en trane. Skuus as ek nie heeltemal so meegevoer was met die onlangse hoge begrafnis nie, maar ek het nie veel tyd vir daardie tante gehad nie. Té hooghartig. En in elk geval: Sy’t oumas ’n slegte naam gegee. Oumas – die egtes altans – staan nie heeldag met belag-like hoede en stywe sponsklere rond en doen niks nie. Hulle hou nie vir hulle so heilig en opstêrs nie. Hulle is te real en aan die gang.
Kyk, moenie ’n ouma lig skat nie. Oumas sit woema in die lewe. As jy nie ten minste twee oumas gehad het nie, was jy nie eens vandag hier nie. En as jy glad nie ’n ouma geken het nie, kan jy spyt wees. Jy het…
