NUUSBROKKIES | NEWS SNIPPETSSKOUE Covid-19 het sy tol op vele terreine geëis. Behalwe die kansellasie van HuntEx weens die verbod op publieke byeenkomste, het dit ’n amper onvoorsiene nagevolg gehad. Wêreldwye aanbodkettings, veral die vervoerketting, was en is nog steeds nie dieselfde nie. Vervoerpryse het die hoogte ingeskiet (dis nou ás jy ’n skip kon kry wat dryfmiddel en ammunisie sal vervoer...). Dit het ’n beduidende impak op verlede jaar se Hunt-Ex-skou gehad. Tog was Hunt-Ex2022 volgens my steeds ’n groot sukses. In 2022 was voorraad in terme van gewere, herlaaikomponente, ammunisie, en dies meer, uiters beperk. Dit het vele uitstallers genoodsaak om nie by HuntEx uit te stal nie. Ek neem hulle nie kwalik nie – wie sal die koste en moeite aangaan om ’n stalletjie te beman as…
